'n Naweek weg van als…..kwaliteit tyd met God. Almal het nodig om by Sy voete te sit. Hy het vir jou 'n Woord!
"And do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind..." Rom 12:2
"And do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind..." Rom 12:2
Wat 'n voorreg om deel van die Beetge's se eerste BREATHE kamp te kon wees! Ja dit was 'n tyd vir Asemhaal terwyl mens die fantastiese uitsig bewonder, 'n tyd vir Stop en Wag op die Here vir wat Hy ons aan wil herinner. Ja Hy was getrou en het sagkens rigting en ondersteuning gefluister. Beide Bernard en Erika is sulke eerlike mense met hulle werklike lewens getuienisse wat hulle openlik deel. Dankie julle en mag hierdie die begin van groot dinge wees om Hom te eer!
Na die kamp val alles net so in plek in my lewe. My huwelik en die ministry dinge begin net floreer en ek is totaal 'n ander mens. Nogmals baie dankie.
Dis so 'n groot voorreg en seën om te weet dat ons onder die Genadeverbond leef, dis so bevrydend en gee soveel vrede om net te kan wees en nie te hoef te doen nie. JESUS HET ALLES GEDOEN! Die Woorde wat ons dié naweek gekry het was nog 'n besondere seëning. Dit het my en my vriendin (en ons almal) geseën om te hoor hoe daar vir elkeen 'n eie woord gegee is wat persoonlik was en 100% in die kol. God is Groot! en Hy praat persoonlik met ons elkeen, ons moet net oefen om Sy stem te hoor. Vir my was vrede en vryheid van vrees gegee. WOW! wat 'n verligting. Die Here wil dat ek in Sy vrede, sonder vrees kan leef. AMEN! Dankie dat julle my weer daaraan herinner het.
Prys die Here, want dit was'n reuse sukses! Ek glo elke vrou wat dit bygewoon het, voel dat die kamp die voertuig was wat ons elkeen gevat het na 'n persoonlike ontmoeting met ons Hemelse Vader. Ek wil graag vir julle baie dankie sê vir julle gehoorsaamheid aan die Here deur om die padtjie te stap saam met Hom tot by julle roeping and die bediening waarvoor Hy julle toegerus het. Deur julle getuienisse so openhartig met ons almal te deel het dit makliker gemaak vir ons ook om oop te maak en vir die Here kans te gee om in ons elkeen ook te werk. Baie dankie ook vir julle gasvryheid en vir julle mooi harte. Dit was nie 'n kamp nie. Dit was 'n 'retreat', want ons is oor en oor ge- 'treat'!!!!Ek weet sommer dat ons Vader vir julle sal bly voorsien, want julle harte is reg en julle oë is op Hom gerig en nie op mense nie.
Hi Erika....ek wil net weer vir jou, Bernard en Zenandi dankie sê vir 'n wonderlike naweek....iets waarvoor ek gebid het...die geleentheid om spesifiek Breathe-kamp te kan bywoon. My verwagting was groot....my siel was soekend en ek moes as kind van God weer my mind renew...en ek moes julle stories hoor...julle getuienisse het my diep geraak...maar meer hoe julle my weer kom wys het dat God herstel en Hy is God van liefde. My man het ook sy eie besigheid en ek werk ook saam met hom...die laaste 3 jaar was soos hel...alles het verkeerd geloop en ons verloor baie en veg steeds om staande te bly en ons deure oop te hou. Ons het in hierdie laaste 3 jaar soveel planne probeer maak...maar ja....ons planne is nie God se planne nie. Hy is besig met 'n plan vir ons en ons moet net aanhou werk en aanhou baklei en Hom vertrou. Maar ek was kwaad, moeg baklei en was reg om terug te staan....alles te verloor en oor te gee. Ek het vir God gevra om die naweek vir my vrede en rus te gee....en Hom gevra of Hy nog van my weet. Toe kom jou woord en skrif vir my...amazing amazing. Hy weet van my en Hy sal sorg. Dankie dat julle gehoorsaam is en dankie dat julle my só gebless het. Vanaand is my hart vol en het ek vir die eerste keer in baie lank weer vrede, kalmte en voel ek dat ek more kan gaan werk en ek weet dat God saam met ons is...al is die pad moeilik en hard. Mag God julle in OORVLOED seën in alles wat julle aanpak.
Die gedagte en droom om Breathe-wegbreke te hou het al in die jaar 2002 in ons harte begin…….en gesluimer.
In 2019 ervaar ons dit is "release" tyd en dat die saad van 17 jaar moet begin vrug dra….
Ons hart agter die wegbreke, is dat mense sal kies om tyd af te staan en by God-3-enig te gaan sit, 'net wees' en nie doen nie.
Hy wil soveel deel met ons, help, lei, vrymaak, gesondmaak ens ens ens, maar ons swoeg net voort van dag tot dag. As ons stilraak en luister, kan dinge verander.
Ons Woord vir die kamp is Romeine 12 : 2 "…and do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, that you may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God." (NKJV)
Ons moet toelaat (kies) dat God ons sal help om te dink en anders te dink as die wêreld, want "As a man think in is heart, so he will be."(Prov 23:7)
Die wegbreek skep 'n geleentheid vir Hom. Dis al. Hy werk/praat met elkeen op die plek waar hy/sy is. En elkeen "hoor" iets anders op die wegbreek – oor JOU situasie/plek en wat God vir JOU persoonlik wil kom sê en vertel.
Dis 'n naweek waar jy kan BREATHE….Sy Gees("die ASEM van LEWE" inasem en ook jou "dinge" uitasem. Makliker en dieper asemhaal, want Sy las is lig en Sy juk sag.
Ons gesin is al deur baie lewensreise en nie perfek nie, maar ons weet ons het al duur betaal net omdat ons nie in die Waarheid geleef het nie. Deur ons getuienis wil ons deel wees van ander se oorwinning, want die Woord se Jesus het gekom dat ons 'n lewe van oorvloed KAN hê(Joh 10:10) en ons het geleer en gesien-"life is not always fair,but God is GOOD, BETTER than you think, all the time and that you can never out-run, outgive or outperform God!!!".
Copyright © 2026 - All Rights Reserved